National
Ouers vas na dood van 'vermiste' kind (3)─── 09:46 Wed, 07 Aug 2013

Johannesburg - 'n Johannesburgse paartjie is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering hul driejarige dogter vermoor het.
Volgens 'n polisie-woordvoerder in Gauteng, Xoli Mbele het die paartjie die kind op 10 Julie as vermis aangemeld.
Die honde-eenheid het egter die kind se lyk Vrydag in die kelder van 'n woonstelblok, waar die paartjie gewoon het, gevind.
Die lyk was toegedraai in plastiek en was al besig om te ontbind.
Volgens Mbele het die kind se ma aan die ondersoekbeampte gesê die kind het weens 'n siekte gesterf.
Die vrou het gesê toe sy die kind se pa vertel, het hy die lyk in 'n plastieksak toegedraai en in die kelder gegooi.
Die paartjie verskyn binnekort in die Johannesburgse landdroshof.
Sapa
Sapa