National
Talle geleenthede beplan vir Mandela-dag─── 10:09 Wed, 03 Jul 2013
Johannesburg - Die uitreiking van die sogenaamde ID-slimkaarte en die opening van 'n nuwe brug is slegs 'n paar aktiwiteite wat vir Mandela-dag beplan word, het die kabinet Dinsdag aangekondig.
Mandela-dag word jaarliks op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie gevier.
Die voormalige staatshoof sal vanjaar sy 95ste verjaardag vier.
"In hierdie moeilike tyd, laat ons liefde en deernis toon en Madiba trots maak," het Phumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, gesê.
Mandela is steeds in 'n kritieke toestand in die Harthospitaal. Hy word sedert verlede maand vir 'n herhalende longinfeksie behandel.
Williams het gesê die uitreiking van die nuwe ID-kaarte sal op 18 Julie begin.
Die kabinet het Dinsdag 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om op 18 Julie 67 minute van hul tyd op te offer om "hul gemeenskappe en Suid-Afrika vir goed te verander".
Die kabinet het gesê vanjaar se tema is: "Neem aksie; inspireer verandering; maak elke dag 'n Mandela-dag", met die fokus op voedselsekuriteit, skuiling en letterkunde.
Sapa