National
Renosterkoei van kant gemaak nadat stropers haar erg vermink─── 15:45 Wed, 03 Apr 2013

'n Renosterkoei moes in die Nasionale Krugerwildtuin van kant gemaak word nadat sy erg deur renosterstropers vermink is.
Woordvoerder vir die departement van omgewingsake, Albe Modise, sê dit het een dag gekom ná die helikopterongeluk in dieselfde park waarin vyf weermaglede tydens 'n teen-renosterstropery-veldtog gesterf het.
Modise sê Sanparke-amptenare het Sondag twee skote gehoor en die gebied per helikopter gefynkam.
Hulle het op 'n erg bebloede renosterkoei afgekom. Haar horing en dele van haar gesig is afgesny.
Sy moes op die plek uitegsit word.
Die stropers is nog op vrye voet.
Dit bring die aantal renosters wat vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak is, op 203 te staan.
Mediaverklaring