National
Byleveld skepties oor 'onafhanklike ondersoekers'─── LANI FOUCHÉ 16:19 Tue, 29 Jan 2013

Lani Fouché
Baasspeurder, Piet Byleveld, wat ondersoeke na Inge Lotz se moord hervat het, sê hy is skepties oor die twee onafhanklike ondersoekers wat nuwe bewerings oor die onopgeloste moord maak.
Thomas en Calvin Mollett het tydens 'n program wat Sondag op Carte Blanche uitgesaai is, gesê hul onafhanklike ondersoeke toon dat daar nie met bewyse op Lotz se moordtoneel in 2005 gepeuter is, soos vroeër deur 'n hof bevind is nie. Lotz is op 22-jarige ouderdom in haar woonstel op Stellenbosch vermoor.
Haar vriend, Fred van der Vyver, is vir haar moord verhoor, maar is in 2007 vrygespreek - deels omdat daar met die bewyse gepeuter is.
Byleveld is verlede jaar deur Lotz se pa, Prof Jan Lotz, genader om weer haar moord te ondersoek.
Byleveld sê hy is glad nie deur Carte Blanche genader nie.
Byleveld sê intussen vorder die ondersoeke flink, en het daar onlangs inligting na vore gekom wat vir hom baie interessant is. Hy is tans in kontak met prokureur in Bloemfontein oor moontlike ingeligdes wat hy wil ondervra.

Piet Byleveld: