On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

National

Fietsrywêreld in rou gedompel na dood van Burry Stander

───   08:11 Fri, 04 Jan 2013

Fietsrywêreld in rou gedompel na dood van Burry Stander | News Article

Huldeblyke stroom steeds in na die skokdood van Suid-Afrika se bergfietskampioen, Burry Stander.

Maricelle Botha

Huldeblyke stroom steeds in na die skokdood van Suid-Afrika se bergfietskampioen, Burry Stander.

Stander is gister deur 'n minibus-taxi getref terwyl hy by Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse Suidkus geoefen het.

Hy is 'n driemalige nasionale kampioen in sy spesialis-dissipline en Cape Epic-wenner. Hy het ook vyfde geëindig in sy item by die 2012 Olimpiese Spele in Londen.

Stander het in 2009 eerste oor die wenstreep gejaag in die eerste MTN OFM Classic-bergfietswedren.

OFM Algemene Bestuurder, Nick Efstathiou, het Stander as 'n uitsonderlike kampioen beskryf. 

Die president van Fietsry Suid-Afrika, William Newman, sê Stander was 'n merkwaardige sportman en taai mededinger.

Stander is in Mei verlede jaar met elite-padfietsryer, Cherise Taylor, getroud.

Sapa
 

Podcasts

Nick Efstathiou:

William Newman:

Jay Naicker (SAPD):

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.