National
Soektog na vermiste luislang duur voort─── 10:05 Fri, 30 Mar 2012

Sandton - Die soektog na een van die twee drie meter lange albino luislange wat in Gallo Manor in Sandton vermis geraak het, duur steeds voort. Die een luislang, Dolce is vroeër in die swembadpompkas gevind deur 'n soekspan - Ratty Rescue. Die eienaar, Angela Latimer, sê sy is vol moed dat die ander slang - Gabana - gou opgespoor sal word. Die reuse slange het vroeër die week vermis geraak toe hulle teen die diefwering van Latimer se huis opgeseil en 'n deurknip onder hul gewig meegegee het. Latimer sê Dolce is verheug om terug te wees in die huis.
Sapa