Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop – Ilne Fourie ontvang twee radiodrama-toekennings─── 06:47 Thu, 07 Apr 2022
![#OFMKunsteklop – Ilne Fourie ontvang twee radiodrama-toekennings #OFMKunsteklop – Ilne Fourie ontvang twee radiodrama-toekennings | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/0d3f7ded-2839-4f01-a702-41b1a49ce29e.jpg)
Bloemfonteinse skrywer, regisseur en aktrise, Ilne Fourie, gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor haar onlangse radiodrama-toekennings.
Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Bloemfonteinse skrywer, regisseur en aktrise, Ilne Fourie, onlangse wenner van twee radiodrama skryfkompetisies.
Ilne, ook tans 'n aflos-Afrikaans-onderwyseres by die Meisieskool Oranje in Bloemfontein vir hierdie kwartaal, is bekroon as wenner van RSG se eerste komedie-skryfkompetisie. Sy is later ook aangewys as wenner van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief se Kwartkomedie-skryfkompetisie met haar lekkerlag-radiodrama, "Hendrik se histerektomie".
Ilne se wenstuk sal in RSG se eerste Radioteater-seisoen van hierdie jaar tussen April en Junie plaasvind.
Lees ook: #OFMKunsteklop – Vrystaat Kunswedstryd weer terug
Die kompetisie is verlede jaar vir die eerste keer bekendgestel en skep 'n platform vir radiokomedies van sowat 'n kwartier lank wat in die radiodrama-tydgleuf uitgesaai sal word.
Vir meer oor die Klaskamer radiodramakompetisie, klik op die prent hieronder: