On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - AARDKLOP se eerste produksie vir 2020 op die verhoog

───   10:42 Fri, 23 Oct 2020

#OFMKunsteklop - AARDKLOP se eerste produksie vir 2020 op die verhoog | News Article

AARDKLOP het goeie nuus!! Hul eerste produksie vir 2020 is binnekort op die verhoog en jy mag dit nie mis nie, die kunste het jou nodig.


Aardklop bied STEEDS DONKIE in Potchefstroom aan!

 

Met Aardklop wat vanjaar, weens die pandemie nie aangebied kon word nie, poog die fees om steeds die kunste lewendig te hou – veral in ons geliefde Potchefstroom. Vir nou word dit gedoen deur bloot enkele produksies aan te bied. Die eerste hiervan sal STEEDS DONKIE met Frank Opperman wees!

 “Aardklop is opgewonde om ’n produksie in Potchefstroom te kan aanbied, en soveel te meer as dit die opvolg van so suksesvolle komiese drama deur dié immergewilde akteur is.”



STEEDS DONKIE

Met: Frank Opperman

Teks: Dana Snyman

Regie: Gerrit Schoonhoven

Aangebied deur Aardklop Nasionale Kunstefees en Frank Opperman

Ondersteun deur NATi



Steeds Donkie is die logiese opvolg van Frank Opperman se trefferproduksie Donkie. Meneer Swart, beter bekend as “Donkie” is die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Met sy goeie bedoelings ten spyt is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer. Tydens hierdie Maandagoggend se saalopening het hy boonop etlike nuwe uitdagings: Die leerders se akademiese prestasies het geweldig agteruit gegaan tydens die Covid-pandemie, onderwysers se moed lê laag in hulle skoene en die beheerliggaam is geensinds tevrede met sy hantering van Black Lives Matter nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk.

‘Frank Opperman en Dana Snyman het met “Donkie” ‘n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word ‘n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.’

Datum: Sondag 1 November 2020 12:30 en 16:00

Venue: Elgro Hotel

Kaartjies: R150

Besprekings: Ticketpro, https://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php/parent_event/6c51d6f8-b29d-124e-3a7f-5f843a56c0e5

Tydsduur: 60 minute

 Ouerbegeleiding, Afrikaans

 Vir navrae skakel 087 527 0023 of stuur n e-pos aan navrae@aardklop.co.za

 Toegang na aanvang van vertonings sal geweier word.

 Meer inligting: www.aardklop.co.za


Podcasts

#OFMKunsteklop - AARDKLOP se eerste produksie vir 2020 op die verhoog:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.