On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Eunice in Bloemfontein weer ‘n uitblinker in #FSMatricResults2017

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:11 Fri, 05 Jan 2018

Eunice in Bloemfontein weer ‘n uitblinker in #FSMatricResults2017 | News Article
Ansuné Naudé PHOTO: Mark Steenbok

Die Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein het vanjaar weer uitgeblink in die 2017-matriekeksamen. Die hoof, Zinette De Wet, sê dié skool het vir die 35ste jaar agtereenvolgens 'n 100%-slaagsyfer behaal.


“Ons is baie tevrede met die uitslae. Ons het ‘n 100%-slaagsyfer.” Altesaam 95% van die Eunice-matriekgroep van 2017 het geslaag met universiteitstoelating.

Die gr.12-gemiddeld verlede jaar was 75%, sê De Wet.

Altesaam 166 leerlinge aan dié skool het die matriekeksamen afgelê en altesaam 418 onderskeidings is ingepalm.

Volgens De Wet het 45 leerlinge vier en meer onderskeidings behaal.

Sy loof die Eunice-matriekklas van 2017 vir hul harde werk en deursettingsvermoë. Die skool se toegewyde leerkragte het ook ‘n groot bydrae gelewer.

Dít is ‘n klinkklare bewys en boonop was Ansuné Naudé, wat verlede jaar aan dié skool gematrikuleer het, onder die provinsie se agt toppresteerders. Sy spog met agt onderskeidings en het 98% in wiskunde behaal.

De Wet sê hulle is baie trots op haar.

“Ansuné was ons dux-leerling verlede jaar.” Sy is hardwerkend en haar medeleerlinge kyk op na haar.

Ansuné het onderskeidings in Afrikaans (eerste addisionele taal) (97%), Engels (huistaal) (90%), lewensoriëntering (93%), fisiese wetenskap (97%), lewenswetenskap (92%), rekeningkunde (93%) en ingeneursgrafika-en-ontwerp behaal (93%).

Sy gaan vanjaar meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Naudé sê haar suksesresep is harde werk.



Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.