On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Local News

ANC in Noord-Kaap skors Alvin Botes

───   12:59 Fri, 29 Dec 2017

ANC in Noord-Kaap skors Alvin Botes | News Article
Alvin Botes

Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Alvin Botes, is vir twee jaar uit die ANC geskors weens sy versuim om sy posisie in die parlement, waarna hy ontplooi is, in te neem.


Dié skorsing is vir 21 dae opgeskort om Botes kans te gee om appèl aan te teken of om voor 21 Januarie by die parlement aan te meld om as LP ingesweer te word. 

Botes is vroeër vanjaar na die parlement ontplooi, maar het geweier om vir die pos aan te meld, óf om uit sy posisie as Noord-Kaapse wetgewerlid te bedank.

In 'n verklaring sê die ANC Botes het besluit om nie by sy dissiplinêre verhoor te getuig, of enige getuies te bring nie. 

Sy skorsing beteken hy mag dus geen posisie in die regering, of in enige ander liggaam wat verband hou met sy lidmaatskap van die ANC, inneem nie. 

Dus sal hy sy LUR-posisie én dié van LP kwyt wees, indien hy nie appèlleer of by die parlement aanmeld nie.

Botes is tydens die afgelope Nasionale Verkiesingskongres van die ANC in Johannesburg tot die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC verkies. 


Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.