On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Twee mense dood en agt beseer in padongelukke in VS

───   CATHY DLODLO 09:56 Sun, 26 Mar 2017

Twee mense dood en agt beseer in padongelukke in VS | News Article

Bloemfontein - Twee mense is dood en agt is beseer tydens verskeie padongelukke die afgelope naweek in die Vrystaat.


In die jongste voorval is een persoon dood en drie beseer in ‘n ongeluk in President Paul Krugerlaan in Universitas, Bloemfontein. ER24 sê een van die beseerdes se toestand was ernstig terwyl twee net lig beseer is. 

Nooddienste het ook gisteraand op ‘n ongelukstoneel op die N1, naby die Walter Sisulu-afrit, aangekom waar ‘n jong vrou vermoedelik tydens impak uit haar motor geslinger is. Sy is op die toneel dood verklaar. 

In die derde ongeluk is vyf mense beseer toe ‘n trok ongeveer 50km buite Bloemfontein op die N8 omgeslaan het. Al die insittendes was ongedeerd of het minder ernstige beserings opgedoen. 

Hulle is op die toneel behandel en na die Pelonomi-hospitaal in die stad vervoer. Die vermoede is dat die bestuurders - in al drie gevalle - beheer oor die voertuie verloor het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.