Local News
Bloemfontein Gholfklub loop weer onder misdaad deur─── CATHY DLODLO 09:40 Sat, 18 Feb 2017
Bloemfontein - Die Bloemfontein Gholfkub het vir die tweede keer vanjaar onder misdaad deurgeloop toe diewe met derduisende rande se toerusting verdwyn het.
Dit is die tweede keer in net twee maande dat die klub deurloop.
Verlede maand is ‘n lid van die klub en sy gas op die gholfbaan deur twee gewapende rowers bygedam.
Sekuriteit is toe ná die voorval opgeskerp om die gholfbaan te patrolleer gedurende die dag om die veiligheid van spelers te verseker.
Dié keer het diewe egter die klub se werkwinkel getakel en met toerusting weggekom.
Klubbestuurder, Dewald Smit, sê die polisie is op die toneel.
"Die grootste goed wat ons nou kan sien wat weg is, is grassnyers, toerusting en diesel. Ons is nog besig om ondersoek in te stel om die omvang van die skade te bepaal. Enigiemand met inligting kan die polisie kontak."
Medewerker: Morgan Piek; foto's: Christal-Lize Muller
OFM-nuus
Bloemfontein Gholfklub bestuurder Dewald Smit: