Local News
Vervoer van skoolkinders in Noord-Kaap indringend ondersoek─── CATHY DLODLO 15:36 Wed, 18 May 2016
Kimberley - Die Noord-Kaapse departement van vervoer en veiligheid gaan indringend kyk na die daaglikse vervoer van skoolkinders in dié provinsie.
LUR Pauline Williams het vandag tydens haar begrotingsrede in die provinsiale wetgewer gesê haar departement gaan verskeie planne in plek stel om seker te maak dat dié diens na die res van die provinsie uitgebrei word, veral na afgeleë dorpe waar kinders ver moet loop om skool toe te gaan.
Williams het R138.7 miljoen vir vervoer in haar begroting toegeken. Sy sê van die geld gaan gebruik word om die skoolvervoer-program te monitor en uit te brei.
Williams sê die vergoedingskoers vir diensverskaffers gaan verbeter en altesaam 40 diensverskaffers gaan as deel van die departement se Uitgebreide Openbare Werke-programme in die Frances Baard-, Namakwaland-, Pixley ka Seme- en John Taolo Gaetsewe-streke aangestel word.
Williams sê meer as 23 000 leerlinge word daagliks deur die departement skool toe vervoer.