On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Nikki
Listen Live Streams

Local News

Barkley-Wes-inwoners in opstand

───   CATHY DLODLO 16:57 Tue, 10 May 2016

Barkley-Wes-inwoners in opstand | News Article
Annelize Maerman

Barkly-Wes - Inwoners van Barkly-Wes in die Noord-Kaap het vandag in opstand gekom en buitebande gebrand omdat hulle oor die plaaslike munisipaliteit se reaksie op ‘n memorandum ontevrede is.



Die gemeenskap het verlede maand betoog en by die kantore van die Dikgatlong-munisipaliteit byeengekom – wat dié dorp en Campbell insluit – om te eis dat die steengroef wat verantwoordelik was vir ‘n kind se dood vroeër die maand, toegemaak word. Die negejarige Gift Makatees se halfnaakte lyk is uit die steengroef gehaal.

Tebogo Hammer van die munisipaliteit het toe aan OFM-nuus gesê dat die munisipaliteit bewus is van die probleem, maar dat hulle nie genoeg geld het om dit toe te maak of te rehabiliteer nie. Gemeenskapleier Patricia Katz sê die gemeenskap is in opstand want hulle is nie tevrede met die munisipaliteit se terugvoer nie.

OFM-nuus


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.