On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Oliver Tambo-weg luisterryk vernoem

───   CATHY DLODLO 15:26 Fri, 08 Apr 2016

Oliver Tambo-weg luisterryk vernoem | News Article
Mark Steenbok/OFM-nuus

Bloemfontein - Die Mangaung-metro het vanoggend behoorlik uitgehang met die herbenaming van Kerkstraat in Bloemfontein na Oliver Tambo-weg.


Die openbare proses vir die herbenaming is al in Augustus 2014 begin. Gaste op die spoggeleentheid het onder andere Dali Tambo, seun van Oliver Tambo, en waarnemende premier, Olly Mlamleli, ingesluit.

Twee tente, waarvan een sowat 4 000 mense kan akkommodeer, is vir die geleentheid opgeslaan.

‘n Tydelike pad moes vir hooggeplaastes gemaak word omdat die onlangse reën die gebied langs die straat in ‘n modderbad verander het.

Daar was ook spyseniering vir mense wat in 38 busse en 45 minibusse vanoor die hele metro-gebied vervoer is.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.