On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Moontlikheid om met Afrikaanse kunstefees in Potch voort te gaan, ondersoek

───   DANE BEISHEIM 16:56 Wed, 16 Mar 2016

Moontlikheid om met Afrikaanse kunstefees in Potch voort te gaan, ondersoek | News Article

Potchefstroom - ’n Groep Aardklop-belanghebbendes, wat bestaan uit verteenwoordigers van Potchefstroom asook die Afrikaanse kunstewêreld en donateurs, glo dat daar 'n moontlikheid is om met 'n Afrikaanse kunstefees in Potchefstroom voort te gaan.

Dit volg nadat die Aardklop-direksie onlangs besluit het om die fees in sy huidige formaat te staak.

Die fees het in 1998 ontstaan en jaarliks in Potchefstroom plaasgevind. Volgens 'n segspersoon vir die Aardklop-belanghebbendes, Japie Gouws, word die haalbaarheid en volhoubaarheid van 'n nuwe fees tans in samewerking met moontlike borge en persone in die kunstewêreld, asook met die direksie van die Aardklop-stigting, ondersoek.

"Daar is twee kunstefeeste in die Kaap - die KKNK en die Woordfees.  In die Noorde het ons ook ander feeste wat nie noodwendig soveel klem op drama en klassieke musiek lê nie.  Aardklop het daardie platform gegee vir Afrikaanse mense en kunstenaars om 'n plek te hê om op te tree voor Afrikaanse gehore in die land. En ons voel net dat ons nie kan bekostig om daardie platform wat ons gehad het, sommer net te laat gaan nie."

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.