Local News
Lianné Greyling op 17 Junie gevonnis─── OWEN KOCK 14:38 Wed, 22 Apr 2015
Bloemfontein - 'n Maatskaplike voorvonnisverslag sal waarskynlik bepaal hoe lank die veroordeelde Bloemfonteinse bedrieër, Lianné Greyling, agter tralies gaan sit.
Staatsaanklaer, Vic de Bruyn, sê sy het minderjarige kinders en die hof sal dit met vonnisoplegging in ag neem.
Greyling is vanoggend in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind aan 12 aanklagte van bedrog en 12 van diefstal, terwyl die staat ‘n verdere 12 aanklagte van bedrog of alternatiewelik diefstal teen haar, teruggetrek het.
Die bedrog, van by die R6 miljoen, hou verband met die invoer van voertuie en motoronderdele. Greyling het skuldig gepleit op al die aanklagte teen haar.
Vonnisoplegging is op 17 Junie en sy bly in aanhouding in die Kimberley-gevangenis tot dan. Indien die saak nie op 17 Junie afgehandel word nie is 1 Julie ook opsy gesit.
Owen Kock/OFM-nuus