Local News
Welkom-begraafplaas moordverhoor begin môre─── 16:28 Sun, 28 Oct 2012
Lani Fouché
Virginia - Die verhoor van Maartens van der Merwe, die beskuldigde in die sogenaamde Welkom begraafplaas-moord, begin more in Virginia se Rondgaande hof. Van der Merwe is vroeër vanjaar deur die Bloemfonteinse Hooggeregshof geskik verklaar om verhoor te word. Dit, nadat hy verskeie psigiatriese evaluasies moes deurmaak. Van der Merwe se regsverteenwoordiger het gesê twee weke is uitgesit vir die verhoor om in ‘n Hooggeregshof-sitting op Virginia plaas te vind. Van der Merwe word daarvan verdink dat hy 23-jarige Michael van Eck in 2011 in ‘n begraafplaas in Welkom vermoor en sy liggaam opgesny het. Sy mede-beskuldigde, Chané van Heerden, is reeds verlede jaar tot 'n onbepaalde tronkstraf van 'n minimum van 20 jaar gevonnis nadat sy skuldig gepleit het.