On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moord in Maart bereg

───   13:54 Fri, 28 Sep 2012

Griekwastad-moord in Maart bereg | News Article
Mariné Jacobs

Kimberley - Die seun wat aangekla word van die Griekwastad-trippelmoord sal na verwagting in Maart volgende jaar verhoor word.

Volgens die minderjarige se prokureur, Stoffel de Jager, het die verdediging en die staat tot ‘n besluit gekom dat die verhoor op 11 Maart sal begin. Hierdie datum sal die komende Maandag in die Griekwastad Landdroshof bekragtig word.

Nasionale Vervolgingsgesag woordvoerder Phaladi Shuping sê egter dat hy geen kennis dra hiervan nie. Volgens Shuping is die mees onlangse oorweegde verhoordatum in Desember vanjaar. Hy sê ook dat die finale datum Maandag bekend gemaak sal word.

Intussen sal die seun volgende week Donderdag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof verskyn, nadat die staat appèl teen sy borguitspraak aangeteken het.
 
Volgens die staat het landdros Spiwo Mazwi belangrike feite oorgesien toe hy borgtog van R5 000 aan die seun toegestaan het.
 
Die minderjarige word daarvan beskuldig dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp vroeër vanjaar op hul plaas doodgeskiet het.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.