International
VN eis onmiddellike wapenstilstand in Gasa─── 09:30 Tue, 26 Mar 2024
“Dit is nou die verantwoordelikheid van die VN se Veiligheidsraad om te verseker dat daar voldoen word aan die resolusie, wat bindend op die partye is.”
Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het Maandag (25/3) sy eerste resolusie tot dusver goedgekeur wat ’n onmiddellike wapenstilstand in Gasa eis. Net Amerika het buite stemming gebly terwyl die ander 14 lidlande ten gunste daarvan gestem het.
In favour: 14
— United Nations (@UN) March 25, 2024
Against: 0
Abstention: 1
The UN Security Council has adopted a resolution demanding an immediate ceasefire in Gaza and the immediate, unconditional release of all hostages.https://t.co/nOBuQOkxnj pic.twitter.com/QkZ7J7wHgi
Die Suid-Afrikaanse regering het die resolusie oor ’n wapenstilstand in Gasa vir die maand Ramadan verwelkom. “Suid-Afrika is bly dat die Veiligheidsraad uiteindelik ’n onmiddellike en blywende wapenstilstand vir die maand Ramadan eis,” het dr. Naledi Pandor, minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, gesê.
“Die resolusie moet ook voorstel dat hierdie wapenstilstand tot ’n blywende volhoubare wapenstilstand lei. Dit is nou die verantwoordelikheid van die … Veiligheidsraad om te verseker dat daar voldoen word aan die resolusie, wat bindend op die partye is.”
"I think a warrant should have been issued by now. We had made a submission to the ICC."
— Mehdi Hasan (@mehdirhasan) March 22, 2024
South African Foreign Minister Naledi Pandor tells me that the ICC should be going after Benjamin Netanyahu.
Watch the full interview & subscribe to Zeteo here:https://t.co/8g57sEoG8C pic.twitter.com/8NjCwJIvKF
Intussen duur skermutselings tussen Israeliese troepe en Hamas-militante na bewering voort, ten spyte van dié resolusie.
Die oorlog het begin met Hamas se aanvalle op 7 Oktober in Israel, wat gelei het tot ongeveer 1 160 sterftes, meestal burgerlikes. Israel bombardeer die Gasastrook intussen onverpoos.
OFM Nuus cg