On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Dodetal van aardbewings in Afghanistan styg tot 'meer as duisend'

───   09:31 Sun, 08 Oct 2023

Dodetal van aardbewings in Afghanistan styg tot 'meer as duisend' | News Article
Die aardbewing het talle huise in die platteland laat inval. Foto: twitter.com

..........

Die dodetal van ’n reeks aardbewings in die weste van Afghanistan het Sondag skerp gestyg tot meer as duisend terwyl reddingswerkers na oorlewendes soek tussen die puin van dorpe wat met die grond gelyk gemaak is.

Saterdag se aardbewing, wat 6,3 op die Richterskaal aangeteken het, het moeilik bereikbare gebiede geruk, plattelandse huise laat inval en paniekbevange stedelinge die strate ingestuur.


Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê meer as 600 huise is vernietig of gedeeltelik beskadig in minstens 12 dorpe in die Herat-provinsie, met sowat 4 200 mense wat geraak is. Die dodetal is meer as 1 000 mense.

Die WGO het gesê "die getal ongevalle sal na verwagting styg namate soek-en-reddingsoperasies vorder".

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.