On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

International

Ietermago se geboorte in Praag is ‘n eerste vir Europa

───   17:05 Wed, 08 Feb 2023

Ietermago se geboorte in Praag is ‘n eerste vir Europa | News Article
Die baba-ietermago in verlede week in Praag se dieretuin gebore is. FOTO: Petr Hamerník/Prague Zoo

‘n Ietermago het in die Praag-dieretuin geboorte geskenk, die eerste keer dat ‘n ietermago in Europa gebore word.

Die Tapei-dieretuin in Taiwan het ‘n ietermago-paar, genaamd Run Hou Tang en Guo Bao, in April verlede jaar op ‘n leenbasis na Tsjeggië  gestuur, berig die Taipei Times.

Die burgemeester van Praag, Zdenek Hrib, het die blye nuus oor die geboorte op Facebook aangekondig: “’n Ouliefie is in die Praagse dieretuin gebore! Dit is 'n uiters seldsame oomblik … dit is te danke aan ons noue vennootskap met Taipei.”

Die dieretuin sê dit gaan goed met Run Hou Tang, maar dat die week ná die geboorte 'n hoërisiko-tyd is vir die baba, wat maar 135 gram met geboorte geweeg het.

"Ons is ongelooflik gelukkig, maar terselfdertyd besef ons dat die volgende dae van kritieke belang kan wees," sê die dieretuin se direkteur, Miroslav Bobek. " Run Hou Tang het reeds 'n baba grootgemaak, so die kans is goed dat die ietermago sal oorleef."

Die Taipei-dieretuin het vooraf  drie jaar lank saam met die Praag-dieretuin gewerk voordat die ietermago’s daarheen gestuur is en het die swangerskap en geboorte noukeurig gevolg.

"In die natuur leef ietermago’s hoofsaaklik van miere en termiete en is dit ‘n uitdaging om ‘n voldoende dieet van insekte in 'n dieretuin-omgewing te voorsien,” sê Lo Hsuan-yi, ‘n dierkundige van Taipei. “Die Praag-dieretuin voer die diere ‘n spesiaal geformuleerde veevoer wat deurgaans verbeter word.

“Ietermago’s is geneig om  senuweeagtig te wees en die gerief van hul omgewing beïnvloed hul gesondheid. Dit verg baie ondervinding om dit reg te kry,” sê Lo.

“Die spesie kom hoofsaaklik in die warmer dele van Asië en Afrika voor. Die weer in Europa is nie geskik vir hulle nie, wat bygedra het tot die uitdaging om hulle suksesvol in Praag te teel.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.