On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

International

Akteur het moeilikheid gaan soek, en gekry

───   15:29 Mon, 21 Nov 2022

Akteur het moeilikheid gaan soek, en gekry | News Article
PHOTO: Twitter

Chris Hemsworth neem ’n blaaskans van toneelspel nadat die Australiese hartebreker vasgestel het hy het ’n tien keer groter kans as die breë publiek om Alzheimer se siekte te ontwikkel.

The Guardian berig die 39-jarige Thor-akteur het tydens toetse as deel van ’n dokumentêre reeks vasgestel hy het twee gene geëerf wat sy risiko verhoog.

Tydens sy blaaskans wil hy aandag gee aan slaap- en stresbestuur, voeding, fiksheid en ander hulpmiddels wat die siekte kan afweer.

#LimitlessWithChrisHemsworth, a @natgeo original series, premieres Nov 16 on @disneyplus & I want to invite you to the #LimitlesswithCentr challenge. 2 weeks of workouts, meditations, & expert advice to help you live a longer & healthier life. Join me!

?? https://t.co/MAi9ADyuwO pic.twitter.com/5GoQpHqnlC

In 'n onderhoud met Vanity Fair, ná die vrystelling van sy nuwe Nat Geo-reeks, Limitless, het Hemsworth gesê hy gaan tyd van werk afneem sodra hy sy kontraktuele ooreenkoms nagekom het om dié nuwe program te bevorder.

In National Geographic se Limitless, sy nuwe dokumentêre reeks, daag die akteur die gees en liggaam uit in 'n strewe om gewoontes te ontwikkel wat die lewe kan verleng.. Hy, het die ster van Thor en Extraction 'n reeks genetiese toetse ondergaan om te sien wat in die toekoms op hom kan wag. Wat hy ontdek het, sê hy in die program, was "my grootste vrees".

Sy samestelling sluit twee stelle van die geen APOE4 in - een van sy ma, die ander van sy pa - wat studies koppel aan 'n verhoogde risiko van Alzheimer se siekte. Een uit elke vier mense dra 'n enkele stel van die geen, maar slegs 2 tot 3% van die bevolking het albei, volgens 'n 2021-studie deur die National Institutes of Health.

Hemsworth het onthul dat dié belangrike inligting oor sy gesondheid hom selfs meer oortuig het om 'n ruskans te neem.

Demensia Suid-Afrika bied 'n 24 uur hulplyn; verhoog bewusmaking nasionaal en is aktief betrokke by navorsing en deurlopende voorspraak. Die organisasie adviseer residensiële sorgfasiliteite – opleiding van verpleegsters, gemeenskapsgesondheidswerkers en maatskaplike werkers sowel as regs- en finansiële professionele persone, gemeenskapswerkers en soms die polisie en landdroste. Hulle noem dat die volgende vroeë tekens van Alzheimer's mag wees:

1. Onlangse geheueverlies wat werkvermoë aantas

2. Probleme met die uitvoer van bekende take

3. Probleme met taal

4. Disoriëntasie t.o.v. tyd en plek

5. Swak of verminderde oordeel

6. Probleme met abstrakte denke

7. Die misplasing van items

8. Gemoeds- of gedragsveranderinge

9. Persoonlikheidsveranderinge

10. Verlies aan inisiatief

OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.