On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

International

Statebondspan sê Zimbabwe maak vordering vir hertoelating

───   05:28 Fri, 18 Nov 2022

Statebondspan sê Zimbabwe maak vordering vir hertoelating | News Article

Zimbabwe se hertoelating tot die Statebond lyk seker ná 'n besoek deur 'n assesseringspan.

Dit, na aanleiding van die positiewe sentimente wat deur die assistent-sekretaris-generaal van die groepering, prof. Luis Franceschi, uitgespreek is ná sy assesseringsending Woensdag in Harare.

Zimbabwe se lidmaatskap van die Statebond is in 2003 onttrek. 

President Emmerson Mnangagwa het met die assesseringspan aan die einde van hul besoek vergader.


"Ons deure staan altyd oop vir enigiemand. Die mense van Zimbabwe wil en behoort deel te wees van die Statebond," sê prof. Franceschi.

Die Statebond se assessering-sendingspan het ná hul besoek aan Zimbabwe gesê hulle is van mening dat die land vordering gemaak het om aan die voorwaardes te voldoen ten einde weer by die Statebond aan te sluit.

SABC

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.