On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday: ‘My Penguin Friend’ sal jou hartsnare roer

───   16:24 Tue, 03 Sep 2024

Feel Good Friday: ‘My Penguin Friend’  sal jou hartsnare roer | News Article
‘My Penguin Friend’ gaan jou hartsnare roer. Foto: imdb

“My Penguin Friend gaan oor 'n man en sy vriendskap met 'n Magellaanse pikkewyn.”

João Pereira de Souza, afgetrede messelaar van Brasilië, het ’n olie besmeerde pikkewyn op die Proveta-strand in Rio de Janeiro gevind. Hy  het die uitgeputte pikkewyn huis toe geneem en hom met seep gewas en met vislekkernye bederf. Die pikkewyn is Dindim genoem na aanleiding van sy seun wat nie die Portugese woord vir pikkewyn (pinguim) kon sê toe hy klein was nie.

Dindim het gesond geword en João het hom op ’n eiland naby die Proveta-strand vrygelaat en huis toe gegaan. Dindim het hom egter gevolg en op sy grasperk gewag om ingelaat te word.
In Februarie 2012 het Dindem self besluit om weg te gaan. As die ander pikkewyne besluit het om maande in die see te bly het Dindim altyd teruggekom na Proveta om João te sien. Hy het in Februarie weggegaan en vir agt jaar elke jaar in Junie teruggekom.

Die Brasiliaanse regisseur David Schurmann het die storie vir My Penguin Friend verfilm. “Dit is lieflik, lewendig en waarborg kinders sal belangstel in die wilde wêreld om hulle,” skryf Kate Erbland in die Indie Wire.

Lees ook: What’s on the menu – Whisky-geroosterde hoender

“Die pikkewyn is die belangrikste in hierdie rolprent,”  het Schurmann aan The Guardian gesê.
Sy oogmerk met die rolprent was om vir mense hoop en verligting te gee. Dit het begin met die oliestorting en as direkteur van die Voice of the Oceans Institute, 'n organisasie wat mariene besoedeling bekamp, het Schurmann gevoel dat dit uitgelig moet word.

Die rolprent het reeds positiewe reaksie uitgelok insluitend 87% op Rotten Tomatoes. Christy Lemire, rolprentresensent, het dit drie uit vyf sterre gegee. “Daar is iets radikaal aan die outydse benadering van My Penguin Friend. Dit is ’n ernstige gesinsrolprent sonder enige fieterjasies en sal kykers se hartsnare roer,” sê sy.

Lees meer 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.