On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Diereskuilings in Kalifornië begin jaar goed

───   15:27 Fri, 05 Jan 2024

Feel Good Friday – Diereskuilings in Kalifornië begin jaar goed | News Article

“Die skuiling moes vir al 129 honde teen Oujaarsaand ’n tuiste vind.”

’n Diereskuiling in Selma in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het daarin geslaag om vir elke hond in die skuiling voor nuwe jaar ’n huis te kry. Die Second Chance Animal Shelter het die aankondiging op Facebook gemaak.

“Ons het dit gedoen! Met gelukkige trane in ons oë skryf ons hierdie plasing wat dit amptelik maak! Elke hond by SCAS is aangeneem of gered. Ons hokke is leeg en al wat ons wil sê is DANKIE.”

Die skuiling moes vir al 129 honde teen Oujaarsaand ’n tuiste vind omdat sy kontrak met die stad nie vir 2024 hernu is nie

Nog goeie nuus is al die honde in die Adams County se DBV in Pennsilvanië is ook aangeneem. Dit is die eerste keer in 47 jaar wat al sy hokke leeg is. “Net twee weke gelede was ons hokke amper vol – en dit oor die feestyd. Dit is ’n wonderwerk. Daar is net ’n verdwaalde kat oor,” sê die DBV op Facebook.

Lees meer dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.