Inspiration
Len-Douglas, ‘The Super lifesaver’ op The Joyride─── 17:23 Wed, 27 Sep 2023
Die Suid-Afrikaanse lewensreddingspan het teruggekeer van Kanada nadat hulle derde in 'n internasionale kompetisie gekom het.
Die Suid-Afrikaanse span het ook Len-Douglas Mac Kay (19) van Bloemfontein ingesluit. Len het drie medaljes gewen by die Royal Lifesaving Society Commonwealth Lifesaving Championships wat van 13–17 September gehou is. Hy het tweede gekom in die 200m-hindernisaflos saam met sy spanmaats Aiden Borman, Antonie Pieterse en Robbie le Roux, en derde in die 100m “manikin carry with fins”-item en in die 200m-superlewensredder-item.
Foto: Facebook/lifesavingsouthafrica