On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Sentrum gee hoop vir jong gestremdes in Jacobsdal

───   09:00 Wed, 26 Jul 2023

Sentrum gee hoop vir jong gestremdes in Jacobsdal | News Article

Jakkies Opwaarts Sentrum is ‘n sentrum vir kinders en jong volwassenes met gestremdhede. Die hoof van die sentrum, Marinda van der Walt, sluit by Yolanda Maartens aan om te praat oor hul behoeftes en drome.

Een keer ’n maand in die OFM Famile Fokus tydens Living Limitless fokus Yolanda Maartens op organisasies en individue wat werk met mense en kinders met gestremdhede in Sentraal-Suid-Afrika. In die episode vind sy meer uit oor Jakkies Opwaarts Sentrum in Jacobsdal. 

Jakkies Opwaarts Sentrum in Jacobsdal is ’n sentrum vir kinders en jong volwassenes met baie gestremdhede en is deel van Jacobsdal Primêre Skool. Hulle  funksioneer op hul eie en is  in 2020 as ‘n NPO geregistreer.


In Jacobsdal het daar ‘n behoefte ontstaan by ouers dat hul kinders met gestremdhede hoofstroom-onderrig moet kry, omdat die departement besluit het geen kind mag onderrig geweier word nie. Mnr Tait die vorige hoof , Rina van Zyl gewese RO juffrou , die Departement van Inklusiewe Onderwys en die betrokke ouers het  dit moontlik gemaak dat die kinders by Jacobsdal Primêr onderrig kon ontvang.

Jane Badenhorst was die eerste Downsindroom meisie  wat in 2006 na Jacobsdal Primêre skool  is en in 2011 toe Marna van der Walt en drie ander maats skool toe moes gaan, het die skool vir Phoebe Corbett, ‘n afgetrede onderwyseres, genader om ‘n inklusiewe klas te begin, hulle was toe vyf leerders.


Die sentrum leer  vir hul selfsorg, lewensvaardighede, handwerk, naaldwerk, brei, rekenaarvaardigheid en bak en brou.



Die leerders word ook opgelei by die wassery en kan daar teen betaling van 18-jarige ouderdom werk.  Jane Badenhorst en Marna van der Walt werk nou in die wassery. Hulle  is baie trots op hul werk. Die plaaslike gemeenskap en omgewing kan gerus van hul dienste gebruik maak.



Vir meer besonderhede bel Marinda van der Walt by 082 689 4892 of stuur 'n epos na opwaartsjakkies@gmail.com 

Meer inligting is ook op hul Facebook blad beskikbaar. 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.