On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

NJ Heyns bedien Noord-Kaap se leerders met trots

───   09:00 Wed, 28 Jun 2023

NJ Heyns bedien Noord-Kaap se leerders met trots | News Article
Die NJ Heyns Spesiale Skool in Kimberley is enig in sy soort in die Noord-Kaap.

André de Clerk, Adjunkhoof Akademies by die NJ Heyns Spesiale Skool in Kimberley, sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan om te praat oor die dienste wat die skool bied, hoe die gemeenskap betrokke kan raak en wat van hul behoeftes is

De Clerk vertel verder ook hoe die leerders hom inspireer. Bel die skool by 053-832-8915 om meer uit te vind hoe jy betrokke kan raak.


 

In die 1950's is daar in Kaapstad begin met die oprigting van Spesiale Skole en so is die vyfde Spesiale Skool in Januarie 1957 in Kimberley begin as die destydse Monument Skool.  Die eerste hoof was mnr D Blignault. 

Op 26 November 1973 is die nuwe skool- en koshuisgeboue geopen deur dr N J Heyns, destyds hoof van Skoolsielkundige Dienste van die Onderwysdepartement.



Nuwe uitbreidings aan die skool is in 1983 voltooi en daar is akkommodasie vir 500 leerders (waarvan 130 in koshuise op die terrein gehuisves kan word.) Dié skool is die enigste skool in sy soort in die Noord-Kaap.

Een keer ‘n maand in die OFM Famile Fokus tydens Living Limitless plaas Yolanda Maartens die fokus op organisasies en individue wat werk met mense en kinders met gestremdhede in die OFM-streek. Sy gesels oor hoe hulle ondersteuning bied aan die gemeenskap wat hulle bedien. As jy so ’n organisasie of individu wil benoem, stuur 'n epos na yolandam@ofm.co.za

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.