On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with James
Listen Live Streams

Inspiration

Greta Wilson gaan ure swem vir honde se welstand

───   15:22 Fri, 12 May 2023

Greta Wilson gaan ure swem vir honde se welstand | News Article
Uitstalbeeld: goodthingsguy.com

Greta Wilson beplan om hierdie Vrydag 3 tot 4 uur by die Silwermyndam te swem om R20 000 in te samel vir Funda Nenja. Dit is ’n saak wat haar na aan die hart lê.

Greta Wilson pak eerskomende Vrydag ’n uitdagende swem aan om geld vir Funda Nenja in te samel. Die Silwermyndam in Kaapstad sal baie koud wees en die kwik sal net tussen 12 °C en 16 °C wees.

Haar vriende en tannie sal by die dam wees en kyk dat sy ’n minimum van 23 rondes swem, elke ronde is 300 m lank. Greta se doelwit is R20 000 en het reeds daarin geslaag om R9 650 in te samel.


Funda Nenja is ’n honde-opleidingsinisiatief in Mpophomeni naby Howick in die KwaZulu-Natal Middelland. Hulle fokus op dierewelsyn en bied honde-opleidingsklasse aan vir kinders. Die honde kry ook die nodige inentings.


Die honde leer gehoorsaamheid en vorm ’n hegte band met die kinders.


Die klasse word weekliks aangebied en as deel van die inisiatief word die honde ook deur die primêre veeartsenykliniek ondersoek.

Die kinders kry ook ondersteuning en die honde kry elkeen ’n behoorlike maaltydpakkie vir die week.

Greta is ’n groot diereliefhebber en hoop dat haar pogings ’n verskil in die honde en kinders van Mpophomeni se lewe sal maak.


“Ek is ’n hondeouer en hondeliefhebber. Ek het Funda Nenja in 2016 besoek en glo in hul ongelooflike opvoedkundige werk sodat meer honde en kinders se vaardighede kan verbeter,” sê sy.

Klik op hierdie skakel om Greta te help:

 https://www.backabuddy.co.za/champion/project/fundraising-swim-for-funda-nenja


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.