Human Interest
Dít laat Suid-Afrikaners se bloed kook─── DANE BEISHEIM 17:11 Tue, 22 Sep 2015
Johannesburg - Verkeersknope, tou-springers en mense wat dink reëls geld nie vir hulle nie, maak deel uit van die lys van tien dinge wat Suid-Afrikaners se bloed laat kook.
Dit is volgens 'n pas vrygestelde gesondheidsopname onder meer as 1 300 mense. Die opname is gedoen deur die land se voorste verskaffer van hart- en beroerte-behandeling, Pharma Dynamics.
Taxibestuurders was heel bo aan die lys.
Pharma Dynamics-woordvoerder, Mariska van Aswegen, sê die peiling is gedoen in 'n poging om Suid-Afrikaners van die erns van hartgesondheid bewus te maak.
SA se top-10 struikelblokke volgens die opname is:
1. Taxi-bestuurders
2. Tou-springers
3. Mense wat dink reëls geld nie vir hulle nie
4. Swak maniere
5. Beurtkrag
6. Onbeskoftheid in die algemeen
7. Om deur baie outomatiese telefoon-opsies te gaan en dan steeds te moet wag vir jou oproep om beantwoord te word
8. Verkeersknope
9. Rook rondom kinders
10. Spoeg in die openbaar
Dane Beisheim/OFM-nuus
Mariska van Aswegen: