On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Britse Harry Potter-akteur sterf op 65

───   08:56 Sat, 30 Mar 2013

Britse Harry Potter-akteur sterf op 65 | News Article
Die Britse akteur Richard Griffiths, wat die rol van Harry se oom Vernon in die gewilde Harry Potter-films vertolk het, het op die ouderdom van 65 gesterf weens 'n hartkwaal.

Griffiths se segsman en agent, Simon Beresford, het aan die media gesê hy is Donderdag weens komplikasies na 'n hartoperasie in die hospitaal oorlede.

Griffiths het in verskeie films en televisiereekse verskyn en was een van Brittanje se voorste verhoog-akteurs.

Hy het in 2007 saam met sy mede-akteur uit die Harry Potter-films, Daniel Radcliffe, in die verhoogstuk Equus verskyn.

Radcliffe het gister gesê hy is hartseer oor Griffiths se dood, en dat hy trot is om hom te kon ken.


AP

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.