On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Health

Wanpersepsies ’n struikelblok in kankerbehandeling

───   09:00 Wed, 03 Apr 2024

Wanpersepsies ’n struikelblok in kankerbehandeling | News Article

“Een van die belangrikste faktore in kankerbehandeling en uitkoms is vroeë opsporing en diagnose.”

Vlooi Venter, kliniese verpleegspesialis van Kansa, sluit aan by Yolanda Maartens en praat oor die mites, wanpersepsies en die invloed hiervan op die uitkoms van behandeling, asook die grade van kanker.

Die beginsel is hoe vroeër kanker opgespoor word, hoe beter is die kans op suksesvolle behandeling en ‘n positiewe uitkoms, sê die South African Journal of Oncology. Mites en wanpersepsies oor kanker is die hoofrede waarom pasiënte laat presenteer met kanker.

Kansa sê die abnormaliteit van die selle met betrekking tot omliggende normale weefsels bepaal die graad van die kanker. Toenemende abnormaliteit verhoog die graad van 1 tot 4. Selle wat goed gedifferensieer is, stem baie ooreen met normale gespesialiseerde selle en behoort aan laegraadse gewasse. Selle wat ongedifferensieer is, is hoogs abnormaal met betrekking tot omliggende weefsels. Dit is hoëgraadse gewasse. 

  • Graad 1 – goed gedifferensieerde selle met effense abnormaliteit 
  • Graad 2 – selle is matig gedifferensieer en effens meer abnormaal 
  • Graad 3 – selle is swak gedifferensieerde en baie abnormaal 
  • Graad 4 – selle is onvolwasse en primitief en ongedifferensieerd 

Klassifikasie volgens stadium – kankers is ook individueel geklassifiseer volgens hul stadium. Daar is verskeie tipes opstelmetodes. Die mees algemeen gebruikte metode gebruik klassifikasie van tumorgrootte (T), die graad van streeksverspreiding of nodusbetrokkenheid (N), en verafmetastase (M). Dit word die TNM-stadiumklassifikasie genoem.

Byvoorbeeld, T0 dui op geen bewyse van gewas nie, T1 tot 4 dui op toenemende tumorgrootte en betrokkenheid en T i.s. dui op karsinoom in situ of beperk tot oppervlakselle. Net so dui N0 geen nodale betrokkenheid nie en N 1 tot 4 dui op toenemende grade van limfklierbetrokkenheid. Nx dui aan dat nodusbetrokkenheid nie geassesseer kan word nie. Metastase word verder in twee geklassifiseer – M0 dui op geen bewys van verspreiding nie, terwyl M1 dui op bewyse van verspreiding. 

Stadiums kan volgens die TNM-stadiumklassifikasie verdeel word. Stadium 0 dui aan dat kanker in situ of beperk is tot oppervlakselle, terwyl stadium I aandui dat kanker beperk is tot die weefsel van oorsprong. Stadium 2 dui op beperkte plaaslike verspreiding, Stadium 3 dui op uitgebreide plaaslike en streeksverspreiding terwyl stadium 4 gevorderde kanker met verre verspreiding en metastase is. 

(Mandal) Die TNM-klassifikasie is ontwikkel deur prof. Pierre Denoix in 1932 by die Instituut GustavRoissy. Die UICC het ’n spesiale komitee gestig saam met die Internasionale Federasie van Ginekologiese en Verloskunde (FIGO). Die UICC- en AJCC-klassifikasies is in 1987 verenig. Die American Joint Committee on Cancer (AJCC) is in 1959 gestig om die klassifikasie van kanker in die AJCC-handleiding en -handboek te ontwerp en te publiseer.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos na vventer@cansa.org.za

Lees meer: https://cansa.org.za/cansa-on-cancer-myths/

OFM  dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.