On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

General

Bestuur só veilig op nat paaie in gure weer

───   07:15 Wed, 05 Jun 2024

Bestuur só veilig op nat paaie in gure weer | News Article
Argieffoto

“Sodoende sal die potensiële risiko dat jy en medepadgebruikers in ’n ongeluk betrokke raak, verminder word – dit kan uiteindelik lewens red.”

Die ergste hitte is nou gebreek – stok(fl)ou grappie – en die Suid-Afrikaanse winterseisoen het amptelik begin, gepaardgaande met swaar reën, sterk wind en koue temperature. Daarmee is die veiligheid van diegene wat op die land se openbare paaie reis van groot belang.

Dit is as gevolg van die aanhoudende winde wat ’n mens se voertuig in enige gegewe rigting kan stoot – om nie die nat en gladde paaie (soms asfaltbeton) te vergeet wat tot ’n katastrofiese ramp kan lei as die regte padreëls nie nagekom word nie.

Dit is hoekom motoriste waaksaam en bewus moet wees van hul omgewing. Sodoende sal die potensiële risiko dat jy en medepadgebruikers in ’n ongeluk betrokke raak, verminder word – dit kan uiteindelik lewens red.

Om jou te help om jou bestemming veilig te bereik, is hier ’n paar veiligheidsmaatreëls wat nuttig kan wees die volgende keer dat jy jouself in gure weer op die pad bevind.

Die Wes-Kaapse regering beklemtoon dat dit belangrik is dat motoriste die betrokke inspeksies voor die winter uitvoer. Dit sal verseker dat jou voertuig ten volle funksioneel is en jy moeiteloos in die ergste weerstoestande kan funksioneer.

Dit is belangrik om kontroles te doen:

  • Belê in 'n goeie ruitveër om te verseker dat jou voorruit doeltreffend skoongemaak word.
  • Stel jou lugreëling só dat wasem aan die binnekant van jou voorruit met die druk van ’n knoppie uitgesorteer kan word.
  • Maak seker dat jou bande ’n voldoende loopoppervlak het vir beter vastrap.
  • Maak seker dat jou spieëls in ’n goeie toestand is.
  • Maak seker dat jou hoofligte, remligte en aanwysers almal werk.
  • Maak seker dat jou modderflappe vas is.

Nadat al hierdie kontroles nagekom is, is daar ’n paar belangrike reëls om te volg terwyl jy op die pad is:

  • Skakel hoofligte aan – dit sal verseker dat jy beter sig het van wat voorlê en dat aankomende verkeer van jou bewus is.
  • Verminder jou spoed – dit is belangrik, aangesien dit dikwels effens langer neem vir jou motor om stadiger te ry wanneer jy op ’n nat oppervlak rem.
  • Handhaaf ’n goeie volgafstand – die motor voor jou kan skielik stop.

Miskien het hierdie wenke jou ekstra gemoedsrus gegee? Bly asseblief veilig op ons paaie, volg die padreëls en wees bedagsaam.

OFM Nuus cg




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.