Extra time
Saterdag Sport braai resep: Braai 'n snoek!─── 16:30 Sat, 14 Jan 2017
Soms moet mens ‘n breuk neem van swaar rooivleis en ‘n vissie op die kole gooi.
Wat jy benodig:
1 snoek
100g botter
2 gekapte knoffelhuisies
2 opgehoopte lepels applekoos konfyt
Sap van 1 suurlemoen
Wat jy moet doen:
- Kook alles (behalwe die snoek) saam totdat jy ‘n lekker sousie het.
- Was die snoek met vars water en laat die snoek droog word vir 30 minute
- Voeg sout en peper by na smaak
- Braai die snoek met die vleis kant eerste op die kole
- Voeg dan jou sousie by terwyl jy die snoek drie of vier keer omdraai.
- Sit voor saam met patats of vars brood.
Wenk:
Maak seker jy koop ‘n vars snoek wat nie pap is nie. Toets ‘n snoek deur te toets hoe ferm die vleis is met jou vinger.
~Bron