Extra time
Saturday Sport Braai Recipe: Sjokoklade Potjie Poeding─── 20:56 Fri, 11 Nov 2016

http://braai.com/braai-recipes/
Waarskuwing: Hierdie resep is verslawend!
Bestanddele:
- Eier
- 75ml gesmelte botter
- ½ Koppie melk
- 15ml Vaniljegeursel
- 1 Koppie bruismeel
- 25ml cocoa poeier
- ‘n Knippie sout
- ½ Koppie suiker
- 160 gram donker sjokolade
Vir die sous:
- ½ Koppie bruin suiker
- 50ml cocoa poeier
- 1 ½ Koppie kookwater
Metode:
- Meng die eier, melk, botter en vaniljegeursel in ‘n nommer 10 potjie.
- Meng die meel, cocoa, sout, suiker en opgekapte stukkies sjokolade met die mengsel in die vorige stap.
- Maak die sous deur die suiker, cocoa poeier en kookwater te meng totdat die suiker opgelos is. Goeie die sous oor die mengsel in die vorige stap.
- Sit die deksel op en bak in die potjie vir 25 Minute op warm kole.
- Sit voor saam met roomys