On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Entertainment

Boekbekendstelling van ‘Die Verlore Skapie’ by Universitas Geloofsentrum

───   09:55 Fri, 11 Oct 2024

Sponsored09:55 Fri, 11 Oct 2024
Boekbekendstelling van ‘Die Verlore Skapie’ by Universitas Geloofsentrum | News Article
Foto verskaf

Op Saterdag, 16 November 2024, nooi die NG Kerk Vrystaat, in samewerking met Jonk Netwerk en Schink, almal uit om deel te wees van ’n spesiale boekbekendstelling en pretdag by die Universitas Geloofsentrum.

Hierdie gebeurtenis vind plaas van 10:00 tot 12:00 en beloof om ’n wonderlike ervaring te wees vir kinders en ouers.

’n Opwindende projek

Die projek het in 2023 begin as deel van die NG Kerk Vrystaat se tweeweeklikse nuusbrief, bekend as die VRYPOS. Die boek, Die Verlore Skapie, bevat twaalf stories wat saamgebring is in ’n bundel, uitgegee deur CLF.

Martin Schwella, die skrywer en illustreerder, het genoem dat dit een van sy gunstelingboeke is wat hy al geskryf het. Hy beweer dat elke karakter ’n besondere rol speel in Leon die Verlore Skapie, en dat kinders sal leer van die kerk, Jesus, en hoe belangrik gemeenskap is.

Ontmoet Leon, die Verlore Skapie

Kinders kan uitsien na ’n spesiale ontmoeting met Leon, die Verlore Skapie, wat in Bloemfontein kom wei. Hy is opgewonde om sy storie met die kinders te deel en saam met hulle te dans en sing. Die oggendprogram sal begin met ’n gebedsopening, gevolg deur ’n voorlesing deur Martin.

Na die voorlesing is daar ’n prettige dans- en sangsessie, waar kinders ’n splinternuwe lofsangliedjie sal leer saam met die Blêrs van CHAD, Chantelle Hewitt Academy of Dance. Daar sal ook lekker pryse wees om te wen en ’n kosstalletjie sal teen eie koste beskikbaar wees.

Kaartjie-inligting

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket teen R50 per volwassene en R120 per kind. Elke kind ontvang ’n gratis gesigverf deur Towerbos-gesigverf, sowel as ’n 500 ml spookasem tub. Die Afrikaanse boek sal teen R200 per boek te koop wees, en sal binnekort aanlyn beskikbaar wees by clf.co.za en landswyd in CLF boekwinkels.

Benewens die boeke, sal daar ook sublimation hempies van Leon, Tjoppie, en Molly teen R300 per hempie beskikbaar wees, met ’n vooraf aanlyn verkoopprys van R330. Yskasmagnete pakkies van vier sal teen R50 te koop wees.

Kom geniet die pret!

Ons nooi julle om saam met ons te kom geniet op hierdie spesiale dag. Dit is ’n wonderlike geleentheid om die storie van Die Verlore Skapie te ontdek en te deel.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.