On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Oudpolisielid binnekort gevonnis weens seksuele aanranding

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:15 Wed, 16 Apr 2025

Oudpolisielid binnekort gevonnis weens seksuele aanranding | News Article
Piet Badenhorst. Foto verskaf

’n Oudpolisieman van Noordwes sal na verwagting in Mei gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan seksuele aanranding.

Piet Badenhorst van Zeerust is Vrydag (11/04), ná vyf jaar, skuldig bevind aan die seksuele aanranding van twee tienerseuns.

Badenhorst, wat skuld ontken het, is skuldig bevind op twee aanklagte van seksuele aanranding. Die aanklagte het twee slagoffers betrek, tesame met ’n bykomende klag van blootstelling.

Oudpolisiebeampte

Albei seuns het ten tyde van die voorvalle ’n skool in Zeerust bygewoon.

“Daar was oorspronklik drie klaers. Die hof het egter een van die sake teruggetrek,” sê kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder. Badenhorst is in die landdroshof in Zeerust onskuldig bevind op die derde aanklag

Badenhorst, ’n oudpolisiebeampte in die Zeerust-omgewing, was glo destyds by voertuigherstelwerk betrokke. Volgens Myburgh het Badenhorst die eerste keer in 2020 op die aanklagte in die hof verskyn.

Vrou was betrokke by sportafrigtig

“’n Tienerseun van Zeerust het in 2020 beweer dat Badenhorst hom tydens ’n sporttoer in Kroonstad verkrag het toe hy 13 jaar oud was. Badenhorst is in 2022 in die Kroonstadse landdroshof onskuldig bevind aan die verkragting van die 13-jarige.”

“Dit was nadat die klaer inkonsekwente weergawes van gebeure in die hof gegee het,” sê Myburgh.

Badenhorst het glo sy vrou – wat betrokke was by sportafrigting by die skool op Zeerust – op die toer vergesel.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.