On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Twee Noordwes-studente sterf kort ná mekaar

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:19 Fri, 28 Mar 2025

Twee Noordwes-studente sterf kort ná mekaar | News Article
Vimbai Marewo. Foto: LinkedIn

Nog ’n student van Noordwes is oorlede, net ’n dag nadat sy haar eerste graad in Finansiële Rekeningkunde verwerf het.

Dit is die tweede dood van ’n student op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus binne twee dae.

Vimbai Marewo (22) het Woensdag (26/3) op die kampus inmekaargesak terwyl sy ’n vriend se gradeplegtigheid bygewoon het, sê Louis Jacobs, die NWU-woordvoerder.

Nooddienste het dadelik gereageer, by die toneel opgedaag en Marewo na ’n plaaslike hospitaal geneem. “Dit is onduidelik of sy met haar aankoms nog geleef het; die oorsaak van haar dood is nog nie vasgestel nie.”

Honneursstudent in Finansiële Rekeningkunde

Marewo was ’n honneursstudent in Finansiële Rekeningkunde. Haar pa, dr. Gerald Marewo, is ’n senior lektor in toegepaste wiskunde aan die NWU. Die Marewo-gesin kom van Zimbabwe.

Chrizaan Agenbach (20) is Maandag (24/3) oorlede, net twee weke nadat sy haar 20ste verjaardag op 10 Maart gevier het.

Volgens ds. Johan Gericke van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Potchefstroom het Agenbach, ’n tweedejaarstudent in Megatroniese Ingenieurswese, ’n geskiedenis van epilepsie gehad het, “maar nie gereelde toevalle gekry nie”. Hy sê sy was openlik oor haar epilepsie, veral tydens kerkkampe.

Potchefstroomse student gegroet ná sy onverwags sterf | News Article

Chrizaan Agenbach. Foto verskaf

Gericke beskryf Agenbach as ’n “voorbok” en ’n gewaardeerde lid van die APK-jeugtak en meelewende lidmaat van die AP gemeente in Potchefstroom. “Chrizaan was ’n dierbare, verantwoordelike kind – baie geliefd onder almal. Haar ouers is verpletter.”

’n Nadoodse ondersoek moet nog gedoen word om die oorsaak van Agenbach se dood te bepaal.

Gericke sê hy en die kerk se bestuur het besluit om vir haar ’n gedenkdiens in Potchefstroom te hou aangesien hulle nie haar begrafnis in Namibië kan bywoon nie. Dit word beplan vir Sondag om 18:30 in die AP kerk in Potchefstroom. Sy word in Namibië begrawe.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.