On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes steeds gesoek weens miljoene se onwettige sigarette

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:02 Mon, 17 Mar 2025

Verdagtes steeds gesoek weens miljoene se onwettige sigarette | News Article
Die bokse met onwettige sigarette waarop beslag gelê is. Foto verskaf

Onwettige sigarette waarop die Noord-Kaapse polisie buite Kimberley beslag gelê het die naweek, is R5,4 miljoen werd – tien keer meer as wat oorspronklik geskat is.

Niemand is nog in hegtenis geneem ná die ontdekking in die Noord-Kaap van ’n vragmotor met onwettige sigarette nie.

Beamptes van Kimberley se openbareorde-polisiëringseenheid het Vrydag (14/3) ’n wenk ontvang oor ’n vragmotor wat na bewering onwettige goedere op die N12 vervoer het, sê lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hulle het ’n patrollie opgestel en die vragmotor omstreeks 14:25 langs die N12 naby die Shell Ultra City teëgekom waar twee veiligheidswagte by die voertuig gestaan het. “Met die deursoeking van die vragmotor het die polisie op talle bokse onwettige sigarette afgekom, met ’n geraamde waarde van [R5,4 miljoen].”

Die polisie het beslag gelê op die Isuzu-vragmotor wat na bewering vir die misdaad gebruik was, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Die onwettige sigarette. Foto verskaf

Kock sê die gemeenskap word versoek om waaksaam te bly en misdaad te help bekamp deur enige verdagte optrede aan te meld. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-app vir wenke. Alle inligting sal vertroulik gehou word.

Intussen is Noord-Kaapse polisie steeds op soek na ’n verdagte, wat van die toneel gevlug het tydens ’n jaagtog in Galeshewe, Kimberley.

Beamptes het Woensdag (12/3) probeer om ’n verdagte wit Nissan NP200-bakkie voor te keer, het Kock vroeër gesê. Die bestuurder het weggejaag en ’n swart sak met ’n 9 mm-vuurwapen en ammunisie weggegooi. Die voertuig het uiteindelik in ’n hek en motorhuismuur by ’n huis in Galeshewe vasgery en die bestuurder het te voet gevlug, terwyl die passasier in hegtenis geneem is.

Die vragmotor. Foto verskaf

Die polisie kon die passasier, Mxolisi Vundisa (38), in hegtenis neem. Hy staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen, roekelose bestuur, verset teen inhegtenisneming en regsverydeling.

Enigiemand wat weet waar die verdagte hom bevind, kan speursers. Lesego Atoro by 082 494 9943 nader. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-app gebruik vir wenke.

OFM Nuus het aanvanklik berig die waarde van die sigarette is R500 000, maar die polisie het die waarde daarvan intussen aangepas na R5,4 miljoen.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.