On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie soek na vermiste man, asook ander verdagte

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:57 Tue, 11 Mar 2025

Noord-Kaapse polisie soek na vermiste man, asook ander verdagte | News Article
Skets van die verdagte. Foto verskaf

Noord-Kaapse polisie is op soek na ’n vermiste man, asook ’n persoon van belang in die oplossing van ’n sakeroofsaak.

Beamptes van Kimberley se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad vra die samewerking van die publiek om Elias Lumkwana (55), wat al amper ’n week vermis word, op te spoor, sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Lumkwana, oorspronklik van Colesberg, is Dinsdag (4/3) in die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal in Kimberley opgeneem, sê Kock. 

Hy was nie by die hospitaal nie

’n Familielid het hom Woensdag (5/3) by die hospitaal gaan soek, maar hy was glo nie daar nie. Die familielid het hom Donderdag as vermis aangemeld.

Enigiemand wat weet waar Lumkwana is, kan sers. Moagi Mokatsane by 083 314 3855 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die vermiste Elias Lumkwana. Foto verskaf

Intussen vra Galeshewe se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad die publiek se hulp om ’n persoon van belang op te spoor. Die verdagte was glo betrokke by ’n sakeroof Dinsdag in Barklyweg, Galeshewe, sê sers. Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die persoon van belang glo betrokke was by die roof en van die toneel gevlug het.”

Enigiemand wat moontlik die verdagte herken, kan sers. Chrisna von Wielliegh by 082 469 0547 nader, Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-app gebruik vir wenke.

Geen wagtydperk geld

Die Noord-Kaapse polisie wil die publiek herinner geen wagtydperk geld om vermiste mense aan te meld nie. Maak so wanneer iemand vermis word:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van die vermiste mens se laaste verblyfplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Voltooi en onderteken ’n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en vrywaar die polisie om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel sodat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel gehaal kan word.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.