On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Publiek gemaan ná agt verdrinkings by Heilbron

───   ZENANDE MPAME 15:10 Tue, 04 Mar 2025

Publiek gemaan ná agt verdrinkings by Heilbron | News Article
Publiek gemaak ná agt verdrinkings by Heilbron. Foto: SAPS

Inwoners word gemaan om nie oorstroomde gebiede, veral laagwaterbrûe en riviere, oor te steek nie nadat agt liggame uit ’n stroom in die Noord-Vrystaat gehaal is.

Vrystaatse polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggame Maandag (3/3) naby Heilbron gevind is.

Na bewering is ’n bakkie met talle insittendes die naweek deur sterk stroomversnellings meegesleur toe dit oor ’n laagwaterbrug in die distrik Heilbron gery het. Die slagoffers is in die bestuurder (71), sy vrou (62) en hul drie kleinkinders (tussen 10 en 14), asook hul kollegas, ’n egpaar (34 en 33) en hul kind (2), sê Lorraine Earle, polisiewoordvoerder. 


“Hulle was onderweg op die Welgeluk-grondpad tussen twee plase toe die bestuurder probeer het om die laagwaterbruggie oor te steek. ”

Die oorledenes is uitgeken as Ditaba Isaac (71) en Modiehi Elizabeth (62) en hul kleinkinders Mazibuko, Refilwe Jwalane Monyatsi (14), Luyanda Zengele (10) en Sibusiso Brain Zengele (12). Patrick Mquega (34), sy vrou, Nthabiseng Agnes Toba (33), en hul dogter, Omphile Angela Toba (2).

’n Boer het die liggame Maandag opgemerk, waarna die polisie se soek-en-reddingshonde, hul hanteerders en duikers ontplooi is. Ná ’n uitgebreide soektog is al die liggame gevind en uit die water gehaal.

Publiek gemaan om versigtig te wees

Die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer maan die publiek om uiters versigtig te wees in reënerige toestande en veral oorstroomde laagwaterbrûe, riviere en strome te vermy.

Selfs al lyk die water vlak, word mense aangeraai om nie oor oorstroomde paaie, brûe of strome te probeer ry of stap nie. Hulle moet ook nie probeer om deur snelvloeiende water te ry of te loop nie, omdat hulle hulle kan misgis met die sterkte of diepte daarvan.

Die departement doen hiermee 'n beroep op die publiek om uiters versigtig te wees tydens reënerige toestande. Foto verskaf

“Ek wil my innige meegevoel betuig aan die families van die slagoffers en wens hulle krag toe in hierdie hartseer tyd,” sê Jabu Mbalula, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer.

“Ons wil vra die publiek moet weervoorspelling nagaan voor hulle in die pad val en bewus wees van moontlike gevare soos mis, newel en verspoelde paaie.”

Groot getal padongelukke

Die LUR is geskok oor die groot getal padongelukke in die omgewing die afgelope naweek. Gure weer het daartoe bygedra dat altesaam 15 ongelukke aangemeld is:

  • N3: 6 ongelukke in Harrismith en Warden.
  • R57: 2 ongelukke in Phuthaditjhaba.
  • R26: 5 ongelukke in Frankfort, Fouriesburg en Ficksburg.
  • R103: 2 ongelukke in Cornelia en Villiers.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.