On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in hof ná Vrystaatse man geskiet is tydens protes

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:29 Wed, 26 Feb 2025

Verdagtes in hof ná Vrystaatse man geskiet is tydens protes | News Article
Die slagoffer is ure ná ’n vreedsame optog geskiet. Foto: Facebook/Angelo Beyers

Drie verdagtes sal na verwagting Woensdag (26/2) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die skietdood van ’n man in Heidedal ná ’n vreedsame optog.

Die verdagtes is Sondag (23/2) in hegtenis geneem nadat Calvin Johnson (50) omstreeks 18:00 voor ’n huis in Dr. Belcherweg noodlottig geskiet is, sê. ao. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Johnson het ’n kopwond opgedoen.

Johnson se is doodgeskiet ná ’n vreedsame protesoptog vroeër die dag deur verskeie gemeenskapslede na die Heidedal se polisiekantoor. Inwoners het opgeruk om ’n klag in te dien nadat ’n sersant en ’n konstabel Steffney Booysen ’n maand vroeër na bewering aangerand het toe sy ’n klagte van gesinsgeweld aanhangig wou gemaak het.

‘Ooggetuies het twee voertuie van die toneel sien wegjaag’

’n Paar uur later is skote gehoor naby die roete wat die betogers gevolg het. Ooggetuies het twee voertuie – ’n swart Volkswagen Amarok en ’n silwer luikrug – van die toneel sien wegjaag, sê Kareli.

Die polisie is ontbied, en ’n moordsaak is by die Heidedal-polisiekantoor geopen.

“Danksy die vinnige en gekoördineerde pogings van Parkweg se misdaadvoorkomingseenheid en die Bloemfonteinse blitspatrollie is die Amarok by ’n vulstasie aan Nelson Mandelarylaan opgemerk.”

‘Soektog na die ander voertuig duur voort’

Kareli sê die polisie het beslag gelê het op ’n vuurwapen, wat aan een van die verdagtes behoort, en dit vir ballistiese toetse weggestuur.

Die soektog na die ander voertuig en sy insittendes duur voort. Die polisie doen ’n beroep op inwoners om waaksaam te bly en nie die verdagtes te konfronteer nie, aangesien hulle as gewapen en gevaarlik beskou word.

Enigiemand met inligting oor die voorval, kan kapt. Jacques Wilson by 061 501 8007 nader, óf Stop Misdaad by 08600 10111 bel.


Molebogeng Marumo (38) en Mamorena Shuping (28) van die Heidedal-polisiekantoor in Bloemfontein moet weer Vrydag 7 Maart in die Bloemspruit-landdroshof verskyn.

Die beamptes is Donderdag 6 Februarie in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal van die aanranding wyd op sosiale media versprei is. Hulle het tydens hul vorige hofverskyning borgtog van R1 000 elk gekry.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.