On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Colesberg: Verdagte steeds in hospitaal ná voertuig omslaan tydens jaagtog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:45 Sat, 28 Dec 2024

Colesberg: Verdagte steeds in hospitaal ná voertuig omslaan tydens jaagtog | News Article
Die verdagtes sal op aanklag van die onwettige besit van dagga in die hof verskyn. Foto verskaf

Een van die verdagtes wat in ’n polisiejaagtog betrokke was, is steeds in die hospitaal nadat die motor waarin hulle was omgeslaan het.

Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die Colesbergse landdroshof verskyn, sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Die 55-jarige sal in persoon verskyn, terwyl die 52-jarige wat steeds onder polisiebewaking in die hospitaal is, in absentia sal verskyn.

Volgens Kock het die voorval Woensdag (26/12) omstreeks 03:00 plaasgevind toe die polisie van Colesberg ’n verdagte voertuig by die Phillipstown Plakkerskamp opgemerk het. “Die polisie het die voertuig genader, maar die insittendes het probeer vlug.”

Die dagga wat in die motor naby Colesberg gevind is. Foto verskaf

Tydens die gevolglike jaagtog het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor. Dit het meermale gerol nadat dit die pad verlaat het.

Kock sê tydens die deursoeking van die voertuig het die polisie dagga met ’n geraamde waarde van R20 000 ontdek. “Albei verdagtes is in hegtenis geneem.” 

Die verdagtes staan albei tereg op aanklagte van die onwettige besit van dagga, en die bestuurder van roekelose en nalatige bestuur.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.