On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse ma gevonnis vir kindermishandeling

───   HEIDRÈ MALGAS 14:35 Wed, 18 Dec 2024

Bloemfonteinse ma gevonnis vir kindermishandeling | News Article
Foto: americanspcc.org

Die Bloemfonteinse landdroshof het ’n ma van Heidedal tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, in geheel opgeskort, vir kindermishandeling.

Tydens die verhoor het dit aan die lig gekom dat die slagoffer (9) se onderwyseres vroegoggend op 23 April opgemerk het sy het skrape en ’n merk op hul gesig, sê Sinah Mpakane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die onderwyseres het ’n nota aan die leerder se ma gestuur om haar in te lig oor die kind se stoute gedrag by die skool. Op 24 April het die kind egter met vars skrape aan haar gesig by die skool opgedaag. By navraag het sy beweer die sigbare beserings is deur ’n hond veroorsaak.

‘Slagoffers van kindermishandeling vaar deurgaans swakker’

Die ma is skool toe geroep en daar is vasgestel dat sy verantwoordelik was vir die beserings. Die onderwyseres het die saak by die polisie aangemeld, wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het.

Die saak is deur Mangaung se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek, met sers. Von Willing wat saam met die staatsaanklaer gewerk het om geregtigheid vir die jong slagoffer te verseker.

In ’n studie wat in BMJ Journals gepubliseer is, is bevind slagoffers van kindermishandeling in Sub-Sahara-Afrika vaar deurgaans liggaamlik en geestelik swakker as ander kinders. Hulle het ’n verhoogde risiko vir MIV-infeksie, blootstelling aan transaksionele seks, risiko vir herviktimisering, boeliegedrag en hoër vlakke van depressie en selfmoordgedagtes.

’n Kind kan nie onderskei tussen ‘dissipline’ en fisieke straf wat seermaak en pyn veroorsaak nie. Foto: Canva

Prof. Shanaaz Mathews, direkteur van die Kinderinstituut aan die Universiteit van Kaapstad, sê baie mense glo dat ons die reg het om kinders te slaan, maar besef nie die impak wat dit op hulle het nie.

“’n Kind kan nie onderskei tussen ‘dissipline’ en fisieke straf wat seermaak en pyn veroorsaak nie. Fisieke straf beïnvloed ook hoe die kind ontwikkel; dit affekteer hul kognitiewe ontwikkeling en lei tot aggressie. 

“Fisieke straf veroorsaak vrees eerder as dissipline.”

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.