On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Mislukte bewusmakingspogings oor waterbesparing in Dihlabeng is geldmors

───   09:15 Wed, 20 Nov 2024

Mislukte bewusmakingspogings oor waterbesparing in Dihlabeng is geldmors | News Article
Photo: OFM

Met dié dat inwoners van Bethlehem, Clarens en ander dorpe in Dihlabeng gereeld gebuk gaan onder waternood, is bewusmaking oor waterbewaring lewensbelangrik.

Terwyl dit water is wat bespaar moet word, blyk dit egter die belastingbetaler se geld te wees wat met bewusmakingspogings vermors word. 

Die DA sê die mislukte poging om ’n waterbesparingsdag in Clarens in die Vrystaat aan te bied, dui op die onbevoegdheid van die departement van water en sanitasie.

Die geleentheid sou by die Moriting-skool begin, gevolg deur ’n byeenkoms op die plein, en nog later ’n vergadering vir belanghebbendes.

Foto verskaf

Luidens ’n DA-verklaring het die sessie by die skool nie plaasgevind nie, aangesien die departement dit nie in ag geneem het dat daar eksamen geskryf word nie.

Afgesien van ’n paar baniere op die grasperk, was die plein verlate teen die tyd dat verrigtinge hier moes begin. Die DA sê die vergadering wat later sou plaasvind, moes gekanseleer word omdat die departement versuim het om reëlings vir ’n lokaal te tref.

“Geld wat eerder gebruik kon word om dringende water- en sanitasieprobleme aan te pak, is vermors op ’n geleentheid wat geen betekenisvolle uitkomste opgelewer het nie.”

Foto: Facebook/Dihlabeng Local Municipality

Die DA sê soortgelyke wanorde het ook op Paul Roux plaasgevind, waar skole nie vooraf ingelig is nie, en lokale nie gereed was nie.

Die DA doen ’n dringende beroep op die departement om te verseker behoorlike reëlings word getref en bevestig.

“Maatreëls moet ingestel word om sulke mislukkings in die toekoms te verhoed. Daar moet samewerking wees met skole, gemeenskappe en plaaslike owerhede om te verseker dat inisiatiewe relevant en doeltreffend is.”

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.