On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Herstel van pompstasies by Hartbeespoortdam begin

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:40 Fri, 25 Oct 2024

Herstel van pompstasies by Hartbeespoortdam begin | News Article
Argieffoto: Gallo Images

’n Vyf maand lange projek om rioolpompstasies in Noordwes te herstel, sal binnekort begin.

Veertien rioolpompstasies sal herstel word in die Hartbeespoort-omgewing en 28 pompe geïnstalleer word, sê plaaslike VF Plus-rdl. Gullaume Clouston. “Ná maande se volgehoue druk van die VF Plus sal die projek amptelik volgende week begin en na verwagting teen Maart 2025 voltooi wees.”

Volgens Clouston het Johnny Lekalakala, Madibeng se ingenieurstegnicihoof, op ’n vergadering benadruk dat genoeg geld vir die werk bewillig is en dit ook skriftelik aan die VF Plus bevestig. Die party het die vergadering versoek om seker te maak die voortslepende rioolprobleem in die gebied word opgelos.

Inwoners van Hartbeespoort ly lank reeds onder die gevolge van swak en ongereelde onderhoud aan die gebied se rioolstelsel. “Onverwerkte riool beland in die strate en besoedel die Hartbeespoortdam en die Krokodilrivier.

“Die plaaslike Meerhof-skool se terrein is onlangs met riool oorspoel wat uiteraard ’n groot gesondheidsrisiko vir leerders en almal in die omgewing skep.”

VF Plus beloof om die vordering van die herstelprojek dop te hou sodat dit suksesvol voltooi word. Die party het die waarnemende munisipale bestuurder, Sello Maroga, in Junie verlede jaar gewaarsku oor verskeie rioolprobleme.

Hartbeespoort Dam. Photo: gauteng.net

Maroga het ’n besoek ter plaatse gedoen om hom van die toestand van die rioolstelsel te vergewis toe die VF Plus verskeie probleemgebiede uitgelig het waar onbehandelde riool uit mangate borrel en direk in die Hartbeespoortdam vloei.

“Dit hou nie net ernstige gesondheidsrisiko’s vir plaaslike inwoners in nie,” sê Clouston, “maar dra ook by tot die besoedeling van die dam en sy omliggende omgewing. Die Hartbeespoortdam loop reeds gevaar van besoedelde waterinvloei uit Gauteng, wat (byvoorbeeld) die ongebreidelde groei van waterhiasinte vererger.”

Nadat VF Plus het gevra dat die rioolwerke onmiddellik herstel word, waarna Maroga gereël het vir die installering van ’n nuwe pomp en ’n omvattende inspeksie van die hele rioolstelsel begin het.

‘Na bewering is die pomp bloot elders uitgehaal en daarheen verskuif’

Clouston het Donderdag (24/10) gesê ’n pomp is intussen by slangpark aangebring, maar na bewering is dit bloot elders uitgehaal en daarheen verskuif, wat gelei het tot aansienlike rioolprobleme, insluitend ’n groot lekkasie by Venice Village.

“In die verlede was daar baie leë beloftes, en hoewel daar nou positiewe stellings is, moet ons werklike implementering sien. Ons beoog om druk toe te pas om te verseker dat die projek hierdie keer voltooi word.”

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.