On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Bloemfonteinse vrouemishandelaar, -moordenaar laat vaar borgtog

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:03 Wed, 03 Jul 2024

Vermeende Bloemfonteinse vrouemishandelaar, -moordenaar laat vaar borgtog | News Article
Stephen Songezo (42) het vlugtig in die hof verskyn. Foto: Kekeletso Mosebetsi

“In die verlede is sommige van hierdie sake teen hom teruggetrek weens ’n gebrek aan bewyse.”

’n Vermeende vrouemishandelaar en -moordenaar van Bloemfontein het sy borgaansoek laat vaar.

Stephen Songezo (42) het Woensdag (3/7) vlugtig voorgekom in die Bloemfonteinse landdroshof. Hy word aangekla van die moord op sy meisie, Mpho Moalosi, ’n onderwyseres aan die Hoërskool Tsoseletso.

Hoof- waarnemende landdros David Tlotli het die saak tot 15 Augustus uitgestel vir verdere ondersoeke.

Songezo word ondersoek vir nog minstens 14 ander gevalle van geslagsgeweld. Hy sal na verwagting Donderdag (18/7) weer in die Bloemfonteinse landdroshof voorkom vir ’n afsonderlike verkragtingsaak. Na bewering maak hy ’n gewoonte daarvan om vroue te teiken, veral dié met wie hy uitgaan, en hulle daarna aan mishandeling te onderwerp.

Mans neem standpunt in teen geslagsgebaseerde geweld. Foto: Kekeletso Mosebetsi

Die Vrystaat beleef ’n kommerwekkende toename in geweldsmisdaad teen vroue en kinders. Talle vroue word óf wreed vermoor óf word vermis. Dit lei tot vrees onder inwoners en gemeenskapsleiers.


“Ons is hier om die saak téén die vermeende moordenaar van Mpho Moalosi te ondersteun,” het Mangaung-speaker Lawrence Mathae Woensdag buite die hof gesê. 

‘Die verdagte het na bewering laerskoolonderwyseresse geteiken’

“In die verlede is van hierdie sake teen hom teruggetrek weens ’n gebrek aan bewyse. Ons is hier om te sê ‘nie in ons naam nie’ en om die oproep vir mans om op te staan teen enige vorm van geslagsgeweld te ondersteun.”

Hy het die kommerwekkende voorkoms van gevalle van geslagsgewled in die metro uitgelig en mans aangemoedig om geslagsgeweld daadwerklik teen te staan en te verklaar: Nie as ons dit kan keer nie.”

Vuyani Mpaise (26), ’n lid van die organisasie Buang Banna, het ook gepraat en die jeug, veral jong mans, versoek om standpunt in te neem teen geweld teenoor vroue en kinders. Hy het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat jong mans die stryd teen dié misdade lei om hierdie voorvalle van kleins af hok te slaan.

Intussen het Simphiwe Macdonald Masithela (39) gister in die hof verskyn vir die beweerde moord op sy meisie, Bongiwe Phulamba (35). Sy borgaansoekverhoor is bepaal vir Dinsdag (9/7).

Intussen is Tshedisa Abram (44), ook bekend as Alex Mpasi, deur die hooggeregshof in Bloemfontein tot 23 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir ’n grusame moord in Caleb Motshabi. Die vermoorde se liggaam is op 23 Desember ontdek, toegedraai in sellofaan.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.