On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Klerk in hof vir bedrog met rybewyse in Bloemfontein

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:07 Mon, 01 Jul 2024

Klerk in hof vir bedrog met rybewyse in Bloemfontein  | News Article
Foto: Facebook

“Mosethle Samuel Masopa, ‘n administratiewe klerk, se naam word gevoeg by die lys van 15 mense wat reeds in hegtenis geneem is.”

’n Klerk van Bloemfontein wat verdink word van lisensiebedrog, moet weer op 14 Augustus in die hof verskyn.

Mosethle Samuel Masopa (49), ‘n  administratiewe klerk, se naam word gevoeg by die lys van 15 mense wat reeds in hegtenis geneem is op aanklag dat hulle onwettig rybewyse en leerlinglisensies by die Lengau-toetssentrum uitgereik het.

Die direkteur vir openbare vervolgings het op 26 Januarie lasbriewe vir die inhegtenisneming van 20 verdagtes toegestaan.

‘Nege mans en vyf vroue is in hegtenis geneem’

“Die Valke, taktiesereaksie-eenheid en Padverkeerbestuurskorporasie het nege mans en vyf vroue (tussen 30 en 57) op verskillende plekke in hegtenis geneem,” sê Fikiswa Matoti, Valke-woordvoerder.

Masopa het Vrydag (28/6) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery nadat die dagvaarding op 13 Junie aan hom beteken is.

Volgens Matoto is inligting in 2022 ontvang oor die verkeersafdelings en private eksaminatore in Bloemfontein, Mbombela, asook op Brandfort, Botshabelo, Ladybrand en Phalaborwa.

“Verkeersbeamptes, bestuurskoolinstrukteurs en bodes was betrokke daarby om leerlinglisensies en rybewyse uit te reik sonder om die behoorlike prosedures te volg. Operasie Catfish is van stapel gestuur en verskeie transaksies is oor ‘n tydperk uitgevoer. Bewyse daarvan is aan die hof voorgelê.”

‘Saak sal na die streekhof in Bloemfontein oorgeplaas word’

Masopa is op waarskuwing vrygelaat. Die saak sal na die streekhof in Bloemfontein oorgeplaas word. Die 14 verdagtes is op 29 Januarie in die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga in hegtenis geneem weens korrupsie met rybewyse.

Tebogo Joseph Sekhosana (45), Moeketsi Patrick Hlopho (43), Xoliswa Patricia Leeuw (38), Phomolo Molefe (30), Makubeni Phillip Raisa (50), Keiketsang Joyce Diseko (56), Popi Mtsweni (37), Phaladi Comfort Pitjadi (34), Cynthia Mamokhantsi Nthako (52), Thabo Patrick Makunyane (45), Bertie Oertel Ntho (49), Alleta Nqai (52), Ditaba Johan Ngubenyathi (41), Tuelo Goodwin Setlhare (56) het op 30 Januarie in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.

Die 15de verdagte, Samuel Mokhobo (54), het hom op 30 Januarie aan die Valke oorgegee en saam met sy medebeskuldigdes verskyn. Hulle is almal borgtog toegestaan.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.