On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Drie mense in Vrystaat aangekeer vir miljoene rand se onwettige sigarette

───   HEIDRÈ MALGAS 08:16 Wed, 03 Jul 2024

Drie mense in Vrystaat aangekeer vir miljoene rand se onwettige sigarette | News Article

“Die polisie het 400 bokse onwettige sigarette onder die seile van die vragmotor gevind.”

Drie mense is in hegtenis geneem in twee afsonderlike voorvalle vir die besit van onwettige sigarette en dagga.

Die blitspatrollie in Bloemfontein het Maandag (1/7) ’n verdagte wit Toyota Hilux-bakkie op die N1 naby Colesberg voorgekeer. “In die voertuig het polisiebeamptes afgekom op twaalf saamgeperste pakkies dagga met ’n geskatte waarde van R1,7 miljoen. Twee verdagtes (23 en 25) is in hegtenis geneem vir die handel in dagga. Diebestuurder het ook nie ’n geldige rybewys gehad nie,” sê Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Hulle sal binnekort in die landdroshof op Springfontein  verskyn.

Die polisie het beslag gelê op miljoene rand se onwetiige sigarette. Foto: Peggy Marco/Pixabay 

Op Rouxville is ’n buitelander (42) ook Maandag (1/7) in ’n padblokkade aangekeer vir die besit van onwettige sigarette met ’n geskatte waarde van R12 miljoen. Die polisie het 400 bokse onwettige sigarette onder die seile van die vragmotor gevind. 

OFM Nuus het vroeër berig die weermag en polisie het Dinsdag (25/6) beslag gelê op onwettige sigarette met ’n geskatte waarde van R8 miljoen naby Suid-Afrika se grens met Botswana in die omgewing van Makgobistad, Noordwes.

‘Hy het oor die grensdraad na Botswana gespring’

“Soldate wat op ’n patrollie was, het ’n verdagte vragmotor opgemerk wat stilgehou het weens ’n pap band. Hulle het die voertuig genader en ’n man het uit die vragmotor geklim. Hy het oor die grensdraad na Botswana gespring en gevlug,” het Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het gesê die weermaglede het met die deursoeking van die vragmotor op ’n groot vrag onwettige sigarette afgekom. “Die polisie is ontbied wat gelei het tot die onmiddellike konfiskering van die onwettige goedere.” Die Valke het met hul ondersoek na die saak begin.”

Op 27 Julie verlede jaar het ’n Zimbabwiër (44) in die Lehurutshe-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die besit van onwettige sigarette, het Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, destyds gesê. Die man is aangekeer omdat hy na bewering probeer het om onwettige sigarette van meer as R12 miljoen te smokkel.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.